‘n Gedig – Liewe jy!


Liewe Jy

 

Ek wil jou graag vertel,

Van Jesus se tyd van pyn,

Maar voor ek dit kan doen,

Moet ons eers kyk waarom het Hy dit gedoen

In Romeine drie vers tien,

Sê die Woord van God, my vriend;

“Daar is niemand regverdig nie,

Selfs nie een nie.”

En nou wat my en jou behels;

Sê Romeine drie vers drie en twintig:

“Want almal het gesondig,

En dit ontbreek ons aan die

Heerlikheid van God.”

Nou het ek ook gelees,

In Psalm 51:7,

“In ongeregtigheid is ons gebore” –

Daarom is ons verlore;

“in sonde het my moeder my ontvang”

En daarvoor kan ek maar ‘hang’,

Want die loon van die sonde,

So sê die Woord,

Is vir my en jou – die dood!

Wat beteken dit, vra jy my?

Om te wees, vir ewig van God geskei.

Ja my vriend, dit is waar!

In Johannes 3:16 staan dit daar,

Dat God ons só liefhet, Hy sy eniggebore Seun gegee het,

Sodat ek en jy nie verlore mag gaan,

Maar eendag vir ewig by Jesus kan staan.

Jesus Christus het selfs ons sonde,

Krankhede en siekte,

In Sy liggaam en wonde,

Aan die Kruishout gedra.

Nou moet ons weet,

Ons wat sondaar heet,

Deur Jesus se smart en pyn,

Daar vir ons net één weg voor skyn,

Om met vergifnis en berou,

Ons aan Jesus toe te vertrou.

Voor Hom moet ons ons sonde bely,

So staan in Johannes 1:9, vir jou en vir my,

“Hy is getrou en regverdig,

Om ons die sonde te vergewe,

En van alle ongeregtigheid te vergewe,

En van alle ongeregtigheid te reinig.”

Nou my liewe vriend,

Wil ek hê jy moet sien

Waaruit ek jou vertel

Van Jesus se pyn.

In Jesaja 53, dit was God se plan,

lees ek van die Man,

wat vir ons soveel gely het,

dat Hy “geen gestalte of

heerlikheid gehad het,

dat ons Hom wou aansien nie,

en geen voorkoms,

dat ons Hom sou begeer nie.

Hy was verag en deur mense verlaat,

Ja soos een vir wie ‘n mens,

Verberg sy gelaat.

Hy was verag

En ons het Hom nie geag.

Die straf wat vir ons

Die vrede aanbring was op Hom,

En deur sy wonde het daar vir ons,

Genesing gekom!”

Lees maar self verder my vriend,

Want ek wil hê,

Jy moet gaan kyk

Wat in die toekoms vir jou voorlê,

Sal jy nie insien,

dat Hy dit nie verdien,

Om jou af te gee,

Aan die hel se smeulende see.

Cielie Smith

1988

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.