Die CVV van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Maranatagemeente.
Die susters van die gemeente is daar om mekaar te help groei in die Here. Ons ondersteun mekaar, dra mekaar se laste, huil saam oor iemand se hartseer en deel ook in mekaar se vreugdes. In die gemeente staan ons saam en ondersteun mekaar. Ons het ‘n groep op whatsapp waarop ons mekaar bemoedig en vra vir voorbidding van sekere sake. Elke laaste Donderdag van die maand kom ons byeen vir Bybelstudie en gebed. Daar word ook elke kwartaal vergadering gehou.
Ons bied ook gereeld funksies aan, soos damestees, wegneemetes en gemeente-etes. Ander fondsinsamelings behels die bak en verkoop van koekies en beskuit.