Jeug


Wie is ons?

Maranatagemeente se jeug bestaan uit ‘n klomp jongmense van ouderdomme 13 tot 99. Wie ookal jonk van gees is, vol energie en lus vir die lewe, wie ookal God wil dien in die dae van hulle jonkheid (Prediker 12:1) is meer as welkom. Ons het selfs ‘n paar getroudes met kinders wat aktiewe jeugvriende is.

Wat is ons doel en missie?

Ons doel is om God te verheerlik met ons lewens. Ons missie is om jongmense vir God te wen in ‘n wêreld waar geld, goed en vermaak bo alles gedien word.

Wat doen ons?

Ons doen ‘n wye verskeidenheid van dinge: ons het lekker kuier-, koffie- en Bybelstudie-aande. Ons het Jump Start saam met ander gemeentes. Uitreikaksies na Wolmer en ander plekke waar ons aktief mense na Christus lei. Verder doen ons verskeie aksies om geld in te samel sodat minder bevoorregde mense saam met ons nasionale jeugkamp toe kan gaan. Kom kyk gerus!

Waar en wanneer?

By Suiderstraat 389 Pretoria Noord. Elke Vrydag om 19:00. Jy kan ons laat weet indien jy vervoer nodig het en ons kom tel jou op. Al ons kontakbesonderhede is op die kontakblad.

Paar van ons fotos:

IMG-20141213-WA0008-SMILE kleinjeug2 IMG_0634 IMG_0633 IMG_0535 IMG_0528 IMG_0523 IMG_0775IMG_0785IMG-20141228-WA0029IMG-20141228-WA0003IMG_0498 IMG_0550 IMG_0570