Wat weet ek van die Doop?


Daar is soveel vrae en persepsies van wat is die Goddelike Waarheid.  Die Waarheid soos wat die Woord van God dit deurgee. 

Wanneer ons ons lewens vir God gee, is ons onmiddelik op ‘n plek waar ons God wil behaag en alles doen wat reg is.  Soms is ons onder leringe en vat ons dit vir die waarheid sonder om dit te bevraagteken. 

Behoort ons halsoorkop agter leringe, watter dominasie ookal, aantehardloop sonder om deeglike navorsing te doen?  Moet ons nie maar liewers eers die Woord gaan bestudeer, navorsing doen, seker maak van die oorspronklike Griekse vertaling nie?

Moet ek gedoop word na wedergeboorte?  Moet ek weer gedoop word as volwassene?  Moet babas gedoop word en waarom?

Wat van besprinkeling of onderdompeling?

Op een of ander stadium duik hierdie vrae in elkeen se gedagtes op.  Vir meer inligting wil ons u aanmoedig om die aanhegsels deeglik te bestudeer en alles te toets aan die Woord van God.

Gehoorsaamheid aan God se Woord is so belangrik.

Seën vir u!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.