VAKANSIE BYBELSKOOL – GETUIENIS


Dit is werklik met ‘n hart vol dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader dat ons graag deel rondom Maranata Gemeente se Vakansie Bybelskool – Gospeltopia 2019 tydens die Junie/Julie vakansie.

Die Here Jesus het reeds in Januarie 2018 begin om al die stukke van hierdie legkaart bymekaar te bring.  Met groot opgewondenheid was daar tydens die 2018 jaarbeplanningsvergadering vir 2019 ‘n Vakansie Bybelskool op die kalender geplaas.  Onseker waar om te begin het ons die Here Jesus vasgehou in gebed vir die beginpunt want daar is donateurs, ‘n spreker, gebedsvriende, groepleiers, assistente en kombuispersoneel nodig.  Die Here Jesus het wonderbaarlik voorsien in die eerste finansies wat nodig was vir die aankope om te begin met die opmaak van die saal om by die tema te pas, asook vir die “flyers” wat uigegee moesa word vir die kinders.

Daarna was daar geen fondse beskikbaar nie.  Twee weke voor die Vakansie Bybelskool het die Here begin om vir ons donasies te laat inkom en dit was genoeg om alles te doen.  Daar was skenkings gedoen deur verskeie mense, gemeentelede, instansies en ook ouers.

Daar was elke dag ‘n kosbare evangelie boodskap met die kinders gedeel waar hulle geleer het;

  • Jesus ken my
  • Jesus sorg vir my
  • Jesus is sterk
  • Jesus wil my red
  • Gaan vertel hierdie boodskap aan ander

Hierdie boodskappe was gebring deur ons bekende poppekas vriend, Donkie en hy het sommer elke dag ‘n vriend van Gospeltopia saamgebring soos Olivia die olifant, Leo die leeu en nog 3 ander vriende.

Ons het die voorreg gehad om 75 kinders gedurende hierdie week te kon akkomodeer.  Nege en twintig van hierdie kosbare kinders het hulle Verlosser ontmoet en kon saam met die geestelike werkers bid en deel.  Vier van hierdie maatjies het by die Kinderbediening se klasse begin inskakel.  Alle lof en eer aan die Here.

Daar was vlytig gewerk aan handwerk projekte en dit was met groot opgewondenheid dat die ouers die Sondag na die kinders se kunsuitstalling kon kom kyk waar daar ook ‘n Evangelie boodskap gedeel was met die ouers en oupas en oumas wat die oggend gedeel het.

Dit was vir Maranata gemeente voorwaar ‘n voorreg om hierdie geleentheid te kon bied vir die kinders in die omgewing en daar is soveel dankbaarheid in ons harte vir elke donateur, helpende hand, gebedsvriend en skenking wat ingekom het en ons sal nie ophou om die Here Jesus in dankbaarheid te aanbid vir Sy versorging en voorsiening nie.

Jacoleen Venter

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.