Skep vir my ‘n rein hart – Losbandigheid


Losbandigheid

Mark 7:21  Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, (22)  diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. 

(23) Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein. 

2Ch_28:19  want die HERE het Juda verneder ter wille van Agab, die koning van Israel, omdat hy losbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen die HERE gehandel het.

(20) Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?
(21) En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
(22) En nou, kyk, die HERE het ‘n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het.

Hierdie volk was so losbandig dat God hulle oorgegee het aan hulle vleeslike losbandigheid.  Hulle wou nie hulle bekeer van hulle weë nie.  Hulle was verhard.  God het ‘n leuengees onder hulle ingestuur en valshede in die monde van die profete te lê.  God het genoeg gehad, en die mense het Sy toorn beleef.

Doen ons nie dieselfde vandag nie.  O Heer waarom al hierdie haat en boosheid in die wêreld?  Roep ek my Vader, waar gaan als eindig?

Hopeloos staan die volke en nasies en toekyk hoe rasse verskille die harte verpletter.  Hoe moord en doodslag en oorloë – lande en huise instap en wreedheid na niks laat lyk.   Mense oe en ah en ag nooit….  Hulle huil selfs.  Op ons knieë roep ons U Naam uit!  Dan keer ons terug na ons losbandige leefstyl vol haat en losbandigheid.

Van biddende hande na gebalde vuiste, van die kerk af na die bottel, van Bybel lees na pornografie(of dit op TV of waar ookal) van liefde teenoor geesgenote na haat teenoor die vyand….  Daar is geen verskil meer tussen kind van God en kind van die wêreld nie.  Daar is geen heiligheid meer sigbaar in die kerk nie.

Eph_5:18  Moenie dronk word van wyn nie—daarin is  losbandigheid; maar word met die Gees vervul.

Ons staan nie meer uit nie.  Ons ‘blend’ in.  Ons is nie meer ambassadeurs vir Christus nie.  Meer iets soos spioene.  Ons klink soos die wêreld…lyk soos die wêreld… loop soos hulle en die hartseerste is dat ons net so stil raak oor Christus soos hulle….

Onsedelikheid is ooral sigbaar.  Sugestiewe goed is ooral in die sosiale media beskikbaar.  Ons kinders word blootgestel aan hierdie losbandige sedelose wêreld en ons monde is bot toe!!!!

Voorhuwelikse seks word net mooi oral aanskou en niks oor gesê nie.

Laerskool kinders weet meer as volwassenes.  Ons hou ons blind want ons leef nie heilig nie.  Losbandigheid????

Losbandigheid loop die strate vol soos ‘n brullende leeu. Losbandigheid het losgebreek en is huidiglik ontembaar in die wêreld.  Daar is geen moraliteit oor nie.  Meeste jong mense ken nie eers die woord ‘moraliteit’ nie.  Nog minder besef mense wat dit beteken.

.

LOSBANDIGHEID dui op die oortreding van die gemeenskap en samelewing se morele* of etiese norme*, en kom neer op ’n algemene wetteloosheid wat ook spesifieke sake soos dronkenskap en seksuele losbandigheid insluit, en saam met begeerte, hoerery*, bloedskande en bestialiteit, as van die oorsake vir die sondvloed* (Gen 5:28–9:29) gesien.

God veroordeel hierdie booshede ten sterkste.

Eph 5:5  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.

1Co 6:18  Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.

 

Tit_1:6  as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.

Hierdie lewensproses van heiligmaking is een God veroordeel hierdie booshede ten sterkste.

van die twee hoof-elemente van die primêre wil van God, volgens o.a. 1 Thess. 4:3 Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery….” en vs. 7-8 “Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.”

As ons kinders van God nie na heiligmaking streef nie, sal ons oneffektief staan teenoor die bose.

2Co 6:17  Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

Eph 5:3  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;

Eph 5:4  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.

1Th 4:3  Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;

1Pe 4:1  Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,

1Pe 4:2  om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.

1Pe 4:3  Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.

1Pe 4:4  Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.

1Pe 4:5  Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.

1Pe 4:6  Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.

1Pe 4:7  En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

1Jn 3:6  Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.

1Jn 3:7  My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.

1Jn 3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.

Kom skep vir my ‘n rein hart Heer.

                                                         Geskryf deur –Janine Visagie- 16/11/2017

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.