Ek was ‘n kluisenaar in daardie kamer, weggesluit van die wêreld, net uit werk toe en kroeg toe en die dwelm smous toe en dan huistoe. Ek was ‘n emosionele wrak en daagliks besig om te vererger, tot ek weereens besluit het dat ek nie langer wil lewe nie, en selfmoord sou pleeg, behalwe dat ek dit hierdie keer rég sou doen. Ek het begin dink aan maniere hoe om my lewe te neem, was besig om meer en meer dwelms te gebruik, meestal kokaïne hopend dat ek ‘n oordodis sou neem of ’n hartaanval kry. Hoe meer ek oor my lewe gedink het, hoe moeër het ek geword, ek wou sterf. My daaglikse bestaan het vir my ‘n worsteling geword en ek het soos ‘n zombie gevoel, hopeloos en sonder ‘n toekoms, min het ek geweet dat alles gaan verander. Op 14 Junie 2002 , omtrent 10.30 nm was ek alleen in my hotel kamer besig om te drink en dagga met crack kokaïne te rook. Ek het so 4 uur nm begin en was paranoies en baie bedwelmd. Ek het die TV aangeskakel en besef dit was ‘n geestelike program. Dit was vreemd vir my want ek het nooit na geestelike programme gekyk nie. Ek het immers nie in God geglo nie. Dus was daar geen rede hoekom dit op hierdie stasie moes wees nie. Ek het ook gevoel dat geloof maar net nog ‘n manier was om mense te breinspoel en te kontroleer, nie eens te praat van hulle swaar verdiende geld te steel nie. Ek het toe gedink dat die skoon makers TV gekyk het . Ek was nie regtig lus om TV te kyk nie. Ek het dit net aangesit terwyl ek besig was om bedwelmed te raak en dat dit mense sou verhoed om te besef dat ek besig was met dwelms.
Ek was in ‘n totale toestand van parnoiese waansin. Soos ek deur die venster geloer het, het die TV my aandag getrek en die persoon wat besig was om te preek oor die wêreld en al die slegte dinge wat besig was om te gebeur. Ek dink hy het ook iets gesê oor die twee torings wat 9/11 geval het. Die predikant het toe begin praat oor die hemel en die hel, en oor sonde. Hoe meer ek gehoor het, hoe kwater het ek geword, tot dat ek opgespring en die TV afgeskakel het.
Oomblikke later het ek myself gevang dagdroom oor wat die predikant gesê het. Dit het my nie lank geneem om dit af te skud nie en vir myself te lag omdat ek sulke dwaasheid bedink. Soos ek op die bed gesit het, het ek oor my lewe begin dink en waar dit opgeeindig het. En hoe meer ek daar oor getob het, het ek hartseer en depressief geword. Dit het vir my so onregverdiglik gelyk in vergelyking met ander mense se lewens. Ek het myself gevra “waarom is dit so?” Hoekom voel ek so, wat het ek verkeerd gedoen en hoekom kan dit nie verander nie? Ek het vir myself so jammer gevoel en myself as ‘n mislukking en uitgeworpene gesien. Dit moes dan die rede wees hoekom my ma my laat aanneem het. Watter ander rede kon daar wees? Ek het weer gedink aan hoe swaar ek groot geword het as ‘n aangenome kind, nooit gevoel of ek pas by die familie of hulle my lief gehad het nie. Ek het ook begin dink aan die moeilikhede wat ek in beland het en dat niemand ooit die rede daarvoor probeer uitvind het nie. Ek het onthou hoe eensaam en depressief ek my hele lewe gevoel het, en die gewig wat ek gedra het en hoe moeg ek daarvoor was. Ek wou onder ‘n rots in kruip en wegkom van alles. Toe tref dit my uit die bloute ek is ‘n verslaafde. Ek was op die bodem van my lewe, met my gesig in my hande verberg het ek gevoel alles was teen my van my geboorte af. Ek het gewonder hoekom ek nooit kon verander nie en elke keer wat ek prober het, het iets my teruggehou. En hoe laer ek gevoel het, hoe meer wou ek sterf.
Ek het opgestaan en in die kamer roondgeloop toe ek die Bybel op die bedkassie sien lê het. Dit was die hele tyd daar maar nou was dit die eerste keer dat ek dit wou lees. Die vreemde ding is dat ek onthou het dat ek dit in die asblik gegooi het maar toe ek terug kamer toe kom was dit weer op die bedkassie, ek maar aangeneem dit was die skoonmaker wat dit terug op die kas gesit het. Die enigste keer wat ek ernstig oor die Bybel gedink het was toe my zol papier opgeraak het. Ek het ‘n sterk gevoel gekry om dit op te tel. Ek het dit na ‘n paar minute opgetel en dit in my hande gehou. Ek het hom oopgemaak by 1 Thess. Soos ek prober lees het, het ek besef ek is te bedwelmd om enigeiets te verstaan, ek het deur ‘n paar paragrawe geworstel en prober onthou wat ek lees maar kon nie. Toe ewe skielik het ‘n deel van die blad helder soos daglig deurgebreek. Dit het oor sonde en nagevolge daarvan gespreek. Dit het aangegaan om te verduidelik hoe nadelig sonde vir die siel is en hoe erg God dit haat, dat HY hulle wat dit doen tot die hel toe verdoem! Dit het van immorele sondes gepraat en as jy dwelms gebruik het sal jy weet wat ek bedoel. Soos ek gelees het, het dit duideliker begin raak, ek het presies verstaan wat ek lees en het ‘n diep besef gekry van wat ek lees. Dit was nou asof die waas weg was en my verstand helderder was as ooit tevore.
Al hoe ek dit kan verduidelik is dat God my oë vir die waarheid van dit alles oop gemaak het. Soos ek gelees het, het dit aangegaan oor al die soorte sondes en het ek besef dat elkeen van hulle ‘n groot rol in my lewe gespeel het. Ek het gevoel asof God direk met my praat, Sy vinger na my gewys het. Toe ek dit besef was ek gevul met hartseer en skaamte. Dit was die mees ongemaklikste gevoel wat ek ooit beleef het en sonder om te dink het ek gesmeek” “Here God as U bestaan, help my.” Toe ek dit spreek het my hart oopgegaan vir die eerste keer in 5 jr en ek het toe soos ‘n baba begin huil. Ek kan dit nie verduidelik nie maar het nog nooit so gehuil nie, dit was asof ‘n dam binne in my gebars het en die trane onbedaarlik gevloei het, ek was nog nooit so emosioneel in my lewe nie. ‘n Besef het oor my gekom dat ek so ‘n onrein mens was, gevul met soveel sonde en al wat ek kon sê was hoe jammer ek was en gepleit vir vergifinis. Hoe meer ek gepleit het hoe meer trane het gevloei. Ek het terug flitse van my verlede begin kry en helder beelde oor dinge wat ek aan myself en ander gedoen het, slegte dinge! So ver terug soos my kinder jare, dinge wat ek al vergeet het. Dit was soos ‘n rolprent in my kop. Eers die beelde en toe die herinnige en dit het so aangehou tot dat my asem gejaagd was en ek hartkloppings gekry het, en toe het ek in my diepste wese besef dat God regtig bestaan en dat ek met hierdie visioene gaan sterf en dit is waarom ek hel toe gaan. ‘n Gevoel van vrees het my beetgepak en ek was met angs vervul. Ek glo nie dit was natuurlik nie, dit het van iewers ver erger as iets op aarde afgekom. Geen woorde kon die vrees beskryf nie. Wat ook al die plek was, was dit die bron van vrees.
Ek het regop gesit, die Bybel gevat en bewend begin lees. Ek het nou op die volgende bladsy begin focus, dit het nie meer oor sonde gepraat nie maar vertel van die weg daaruit, Jesus Christus, so vinnig soos wat daardie vrees my gepak het het dit my verlaat en toe gevul met hoop en beloftes. Hierdie gevoel het my hele wese toegevou in ‘n poel van totale vrede,onbeskyflik. Ek het op my knieë gesak en begin bid. En hier moet ek stop om ‘n baie belangrike ding te verduidelik, want ek het eers later die belangrikheid daarvan besef. My punt is dat niemand my ooit die weg van God verduidelik het nie of gesê hoe om vir vergifnis te bid nie, of hoe om Jesus in my hart te nooi nie. Maar daardie aand het ek presies geweet wat om te doen. Dit was asof God die woorde in my hart geplant het. Die woorde van Rom 10:9; “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het sal jy gered word.” het in my gedagtes op gekom. Na ek toe die gebed gebid het het daar ‘n wonderlike warm gevoel van vrede oor my gekom.
God het my in ‘n oogwink verander, ek het besef dat Hy my van die rand van die dood geneeem het en my laat verstaan het wat die hel is. Hy het my al die redes gewys hoekom ek daar behoort, maar Hy het my terug gebring. Ek kan nie beskryf wat dit vir my beteken het nie. Ek was ‘n ateïs tot daardie aand wat ek nog God gevloek het, ek was ‘n dief en ‘n leunaar saam met al die ander sondes. Maar God het my lief gehad en alles daardie aand weggevat. Dit is geskryf in Rom 5:8 “ Maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” Na God my gered het het Hy my na ‘n predikant gelei wat my gehelp het om my lewe weer op dreef te kry. Alle Eer aan God.
NS: “Here God, ek het U so baie lief en ek bid dat U ook U liefde aanhoudend sal uitstort en die oë van almal wat verlore is sal oopmaak sodat hulle ook die waarheid soos ek sal vind. Dank U.”