Linda – Bedrieg deur ‘n godsdienstige lewe


Jesus sê in Joh 14:6 “ Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom tot die Vader behalwe deur My nie.” In die wêreld van godsdiens is dit ‘n baie nougesette verklaring. Jesus het gesê dat daar net een weg na die Vader toe is, en een weg tot saligheid en dit is deur Hom. Hoe eenvoudig die verklaring mag klink het dit baie jare van godsdiens geneem voor die waarheid daarvan tot my deurgedring het.
Ek dink ek is ‘n redelike normale mens en soos die meeste van ons het ek as kind, tiener en jongmens nie veel oor saligheid gedink nie. Daar was te veel om te doen en ondervind. Ek het in Jesus geglo en dat almal wat kerk toe gaan Christene is. Ek het probeer om af en toe Bybel te lees maar het nie veel daarvan verstaan nie. Ek het gedink die King James gebruik ‘n baie ou taal, en het die ou Bybel stories op ‘n historiese standpunt beleef maar die geestelike diepte daarvan nie verstaan nie.

Na die geboorte van my eerste seun het ek meer ernstig oor my godsdiens geraak. Ek was gevra om Sondag skool klas te gee en het op die boeke staatgemaak wat hul my gegee het. Hulle was meestal objektief met morele filosofiese lesse. Jesus was Kersfees en Paasvees voorgehou en die res van die jaar eenkant toe geskuif. So het ek ‘n paar jaar kerk gespeel, blindelings besig om blindes te lei.

‘n Dramatiese verandering het plaasgevind met die geboorte van my tweede seun. Ons was uitgenooi na ‘n spesiale reeks herlewings dienste by ‘n ander kerk. Ek was nog nooit by so iets nie en het my man gevra om saam te gaan. Dit was ‘n belewenis. Die predikant het die Bybel gebruik en veduidelik wat alles beteken. Hy het oor sonde gepraat en sommige van die sondes by die naam genoem. Hy het op ons tone getrap, en ons het onder diepe sonde oortuiging gekom. Die probleem was omdat ons nie verstaan het wat sonde oortuiging regtig is nie was ons omgekrap en het met mekaar gestry. Dit was glad nie ‘n goeie ervaring nie maar diep binne my het het ek geweet dat die predikant reg was en dat ons terug moet gaan. Ek het my man omgepraat om weer te gaan en het al die werkies soos grassny en goed gedoen sodat hy nie ‘n verskoning kon hê nie.
Ons het gegaan en dieselfde ding het gebeur. Die volgende dag was Sondag en ons was terug genooi na die dienste toe. So ons moes besluit of ons na ons ou kerk of na die herlewings diens toe wou gaan. Toe my man die afrit neem was ek nie seker van waarheen hy sou gaan nie maar gelukkig het hy na die nuwe kerk toe gegaan.

Ons het nie net na die diens toe gegaan nie maar ook by die kerk aangesluit. Dit was die begin van baie veranderinge in ons lewens. Ons het getuig dat ons gered is en het alles gedoen wat hulle ons vertel het om te doen, soos om ons sonde te bely, Jesus in ons harte in te nooi. Ons het ons tiendes gegee getrou kerk bygewoon en Bybel gelees. Soos meeste mense vandag, godsdienstig maar verlore! Jy sien, Satan gee nie om as jy godsdienstig raak nie, eintelik wil hy dit hê. Hoe meer betrokke jy raak hoe beter. Ons het baie betrokke geraak. My man het ‘n tuis Bybel studie kursus gedoen, sy werk bedank sodat ons albei opsigters by ons kerk se Christelike skool kon wees. Hy het later geglo dat hy geroep is om te preek. Ons het ons huis verkoop en Bybel kolledge toe getrek. Hy was prinsipaal van ‘n Christen skool en ons het albei skool gehou. Ons het ‘n kerk in ons tuisdorp begin, en ons was baie, baie besig.

Ons was uigenooi na ‘n ander reeks dienste oor herlewing. Hierdie een was ‘n duisend myl ver. Hierdie een was met die kollege geassosieer en omdat my man besig was om verder te leer het ons gegaan. Die evangelis het ‘n preek gegee getittel “Die oortuigende skynheilige”. Hy het gepraat oor alles was ons doen om onself en ander te oortuig dat ons gered is. Dit het my diep laat dink toe sê die prediker ”as jy 1% twyfel is jy 100% verlore“ Dit het my tot in my fondasie geskud en ek moes erken dat ek in my verlossing twyfel.
Ek het honderde kere gebid: “Here, ek is nie gered nie, red my nou!” maar nooit gevoel dat ek besig was om genoeg te doen nie. Ek was net nie waardig nie. Ek was vertel dat die duiwel jou maak twyfel en het dit as normaal aanvaar en het nie veel daaroor gedink nie. Ek het tog alles gedoen wat die predikant gesê het en almal het gedink ek is ‘n wonderlike Christen.

Ons het daardie naweek in ‘n sendeling se woonstel gebly en nodeloos om te sê het ek daardie aand nie veel geslaap nie. En die volgende oggend toe my man weg is om met die pastor te gaan onmoet, het ek in die kamer gebly. Ek was besig om my Bybel te lees toe lees ek Matt 7:21 wat sê “ Nie elkeen wat vir My sê:Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil van my Vader wat in die hemele is” Op daai oomblik hoor ek ‘n stil stem vra “Wat is die wil van die Vader?” Die antwoord het gekom ‘Om gered te wees”

Vir die eerste keer in my lewe het ek erken dat ek verlore was en ek was tot die dood toe bang want ek het geweet as ek dan sou sterf ek hel toe sou gaan. Verse 22 en 23 gaan aan om te sê “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. (God sê nie hier: EK het jou eens geken en jou later uit my hand laat val nie, Hy sê: Ek het jou nooit hgeken nie) Gaan weg van My’ julle wat die ongeregtigheid werk!”

Toe my man terugkom kamer toe,was ek baie onstel. Hy wou hê ek moet met die pastor gaan praat maar ek wou nie. Ek was ‘n pastor se vrou. Dit sou baie sleg lyk. Ek sou self daarmee handel en niemand vertel nie. Ons het uitgegaan vir ete, my verstand in ‘n warboel en ek so bang ons sou in ‘n ongeluk beland en ek dood sou gaan en hel toe gaan. Hoe kon ek so baie jare blind wees en my saligheid mis?
Ons het nog een diens gehad voor ons moes vertrek. Ek het gedink as ek net deur dit kon kom sou ek OK wees. My gedagtes het teen ‘n honderd myl per uur gedraai. Terwyl ek in die diens gesit het, was die Here besig om baie skrifte in my gedagtes op te bring en vir my oop te maak. Aan die einde van die diens was ‘n uitnodieing gegee. Die pastor het my naam geroep en ek het gevoel of ek ‘n bordjie op my voorkop gehad het wat VERLORE! VERLORE! geflits het. Natuurilik het hy nie geweet van my innerlike stryd nie. Hy wou hê ek moes ‘n vroutjie wat voorentoe gegaan het om gered te word, moes help.

Verlig dat my “donker geheim” nog veilig was het ons na die beradings kamer toe beweeg. Sy het vir my vertel dat haar naam Linda is (my naam ook) en dat sy ‘n onderwyser was ( ek was ook een). Ek het die Bybel geneem en begin om aan haar te wys dat Jesus die enigste weg is tot saligheid. Ons het deur baie skrifte gewerk en elke een wat ek gelees het het my oortuig. Toe vra sy my: “Linda twyfel jy ooit aan jou redding?” Dit was die laaste strooi. Toe sê ek “Linda, ons moet bid.” Ek het my hoof laat sak en Jesus gedank vir die redding wat Hy alreeds vir my voorsien het. Ek het besef dat Hy die prys reeds betaal het en ek dit net moet ontvang. Dit was nie die gebed wat my gered het nie maar dat ek op Jesus vertrou het. Ek het besef dat Hy self die prys vir my sonde betaal het. Ek het niks daarmee te doen gehad nie. Dit was Sy geskenk aan my. Daar was niks wat ek kon doen om dit te verdien nie. En het dit nooit verdien nie. Ek kon niks doen om dit te verdien of weer te verloor nie. Sy geskenk was ewig. Sy liefde onvoorwaardelik. Verlossing is Christus. Die pad is smal, maar dit bereik die hemel. Hy is die weg, die waarheid, en die lewe. Niemand kom tot die Vader behalwe deur Hom nie.

Vandat ek hierdie waarheid ken het dit my vrygemaak van die krag van sonde. Dit gee vir my die Vryheid om nie sonde te doen nie. Ek is nie meer vasgevang deur sonde nie. Ek sien Jesus in die Bybel van Gen tot Openbaring in die ou Bybel. Ek het nou geen problem om dit te verstaan nie want die Gees breek dit vir my oop. Ek het die vrede wat alle verstand ten bowe gaan want Hy is my vrede. My gebed vir jou is dat jy ook hierdie vrede moet ervaar. Jesus het die volle prys betaal sodat jy welkom in die hemel sal wees, deur Sy offer. Moenie deur godsdiens bedrieg word nie!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.