Kersfees vir my


Kerstyd bring vir my… ‘n besonderse vreugde, onverdiend!  Ek mag vandag U geboortedag herdenk.  Of dit die werklike datum is of nie.  Vandag kan ek kyk na ‘n krip in ‘n skuur.  “n Babatjie klein.  ‘n Prins neergelê, toegedraai in doeke net vir my.

Die Kruis bring vir my soveel hartseer en pyn, ‘n felle herinnering aan my hart so vuilbevlek met sonde.  Die kruis herinner my aan ‘n verlorenheid vir die verdorwe.  Maar U bloed maak ons vry.  Aan die Kruis het U, my Prins, gely.

Maar in hierdie Christus tyd wil my oë op die krip bly.  ‘n Verlosser, Emmanuel, God met ons, gebore vir my.  In Betlehem is englekore die lied van die nag, met ‘n ster in die ooste in al sy prag.  Op ‘n donkie kom Maria met ons Prins aangery.  Gebore die nag, sonder Herberg of Paleis.  Net Josef en Maria met Jesus die Kindjie klein.  ‘n Prins in ‘n skuur gebore vir my.

Hierdie tyd Heer wil ek vra, wys my U hart… wat U daar dra?

Is dit die smart van verlorenes, gehard?  Of die liefde vir die gehoorsames na U hart?  Waar Heer, wil U my neem.  Asb Jesus, nader aan U wil ek leef.

Dan sê U aan my, in die geheimenis sal U, U aan ons toon, U aangesig met lieflikheid bekroon.

O, smag my hart na U o Heer, om my van U hart te leer.

Janine Visagie

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *