Jeugkamp 2017


Ek, Andrè het die jeugkamp van 2017 baie geniet.  Ek en ‘n paar van die Maranata jeugspan het dit bygewoon.  Hierdie jaar se tema was ‘STAAN VAS.’  Ons was in groepe ingedeel en het sommer vinnig vriende gemaak met die jeug van Britsgemeente.

Ons was die Dawidspan.  Ons het heerlike liedere gesing en die dienste wat ons gehad het, baie vervullend gevind. Ons groep sessies was ook baie lekker.

Ons het geleer deur tou-trek om nie slap te lê met ons geloof nie .
En paintball gespeel waar ons teikens geskiet het, daardeur geleer om ons oog altyd op die Here te hê.  Met als het ons geleer om vas te staan in ons geloof in die Here en dit was ‘n geseënde naweek gewees.  Op die laaste dag van kamp het ons ook geleer om vas te staan wanneer die wiel die teer tref om nie die seën van die naweek te ruil vir die wêreld se sop nie, soos in die Bybel in Genesis 25:19.   Ek hoop om volgende jaar as dit God se wil is, weer te gaan met ‘n groter jeuggroep van Maranata.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.