Eerste Liefde


Eerste Liefde

2017-06-21
09:01

Laasnag het ek ‘n droom gehad … dit was ‘n baie hartseer droom. Vanoggend wys die Heilige Gees vir my wat die betekenis is van hierdie droom.
Dis soos 2 geliefdes wat skei. Die een party verlaat sy of haar geliefde vir ‘n ander een, want die verhouding is nie meer opwindend nie. Maar self sorg hierdie party nie dat die vuur van liefde bly brand nie.  Die valse opwinding van iemand anders  maak die vlees sterker as die gees. Die verlate party huil oor dit wat hy of sy verloor het en gaan deur totale gebrokenheid tot heling kom, en beweeg aan al vat dit soms ‘n lang tyd. En dan op ‘n dag besef die party wat die opwinding gaan soek het hy of sy bly leeg. En besef die een wat hul eerste lief gehad het, is nog altyd die regte een gewees. Maar dan is dit te laat.

Dis soos die maagde se olie wat opgeraak het. Jesus is ons eerste liefde. Hy het ons heel eerste lief gehad voor die skepping. Maar ons raak verveeld met sy Woord, met die samekomste van die gelowiges. Ons hou nie self die vuur van liefde brandend nie. Ons wend ons na die plesiere van die wêreld en bly leeg. Ons gaan onverpoosd aan en hoor nie as Hy soos ‘n geliefde wat verlang, roep na ons nie. Dan gee Hy ons oor aan ons sondes en begeertes vir hierdie wêreld. Hy beweeg aan as jy nie wil hoor nie, as die valse plesier jou oorweldig. Dan vind ons niks en besef die leegheid en weet ons het ons eerste liefde verlaat. Dan wil ons terug draai.

Die Woord van God sê nie almal wat sê Jesus, Jesus gaan die ewigheid saam Hom wees nie. Nie almal wat die Bybel lees en ken gaan gered wees nie. Word wakker en draai vandag terug terwyl daar tyd is. Want daar kom ‘n tyd wat God nie meer gaan genade betoon nie. God kan soos n geliefde aanbeweeg en dan is dit vir altyd te laat. Besef vandag wie God is. Keer terug na jou eerste liefde en verlaat die valse liefdes van hierdie wêreld.

Mag die Heilige Gees vandag vir my en almal wat hier lees die vrees en ontsag van God gee.
Mag ons, ons harte ondersoek en sien waar ons Jesus se liefde versmaai het.
Mag ons ons ore en harte oopmaak en hoor en doen, voordat dit vir ons te laat is!

(Geleen)

 

Virus-free. www.avg.com

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.