DISSIPELSKAP 2 – OPVOLG…


D

Ons het in die vorige skrywe gesien hoe belangrik Jesus dit geag het om dissipels te maak. Die beginsels van “kom na My, bly by My en gaan vir My” Dat Jesus Sy dissipels leer Joh.20:21 “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook”

Die grootste dilemma van die kerk vandag is dat daar nie meer dissipels gemaak word volgens Jesus se metode nie, maar dat dit met kursusse vervang word. In die Nuwe Testament lees ons 261 keer van “dissipels” en slegs een keer van “christene” Vandag sit die kerk vol sogenaamde Christene, maar miskien een dissipel.

As mens dieper ondersoek gaan instel waarom dit so is, en waar lê die kern van die probleem, kom jy agter dat die grootste probleem by die “bly by My” is. Die groot dilemma dat leiers en lidmate nie meer die stem van die Here hoor nie. Stiltetye word verwaarloos en vervang met kort vinnige dagstukkies, vinnig lees en bid, en dan die dag aanpak sonder om in kontak met die Here Jesus te wees. Daarom is daar dan natuurlik geen vrug in hulle lewe.

Wanneer n boom nie vrugte dra nie, of slegte vrugte produseer, lê die probleem nie by die boom se takke en blare wat jy sien, maar onder die grond. Ons kan sê die probleem is “onder die waterlyn” Daar is ‘n probleem met die wortelstelsel.  As iemand nie “onder die waterlyn” groei en gesond is nie, word dit “bo die waterlyn” duidelik gesien. Daar is geen geestelike dissipline by iemand wat nie dissipels maak nie.

Soos wat Jesus ons voorbeeld is hoe om dissipels te maak, is Hy ook ons voorbeeld van iemand met dissipline en gehoorsaamheid. Jesus self het toegeneem in geestelike dissipline voordat Hy sy dissipels geroep het. Lees (Luk 2:51)  En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar. (Luk 2:52)  En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

As Jesus moes toeneem, hoeveel te meer nie ons nie. Lukas beskryf Jesus in sy Evangelie as mens. Jy vind nie hierdie hoofstukke van Jesus as kind in die ander drie Evangelies. Hy is vir ons die volmaakte voorbeeld as mens. Hier vind ons vier dissiplines waarin Jesus toegeneem het.

  1. Wysheid is intellektuele dissipline. Hoe meer ek tyd gedissiplineerd spandeer met die Woord, hoe meer wysheid ontvang. Jesus het dit gedoen.
  2. Grootte, is fisiese dissipline. Pas my liggaam op deur reg te eet, genoeg te rus, oefen en soms te kasty. Jesus het dit gedoen. Genade is niks anders as onverdiende guns.
  3. Guns by God is geestelike dissipline. Om tyd met God te spandeer, gee my guns by Hom. Jesus het guns by die Vader gehad, omdat Hy tyd met Hom spandeer het, en niks gedoen het wat die Vader nie vir Hom gese het nie.
  4. Guns by mense is sosiale dissipline. Om tyd met mense te spandeer, en dissipels te maak, bring guns by mense. Jesus het tyd gemaak vir mense. Tyd met Sy dissipels, en tyd met die skare.

Die geheim is dat twee van hierdie dissiplines onder die waterlyn is, en twee bo die waterlyn. Intellektuele dissipline (wysheid) en geestelike dissipline (guns by God) is onder die waterlyn. Tyd met die Woord en met God, is dit wat mense nie sien nie. Dissipline in my binnekamer, is tyd met die Woord, en tyd met God. As die wortels onder die waterlyn nie gesond is nie, is daar nie groei bo die waterlyn nie. Fisiese dissipline (grootte) en sosiale dissipline (guns by mense), is wat mense sien “bo die waterlyn”

Gaan maak n toets en vra vir mense hoeveel tyd spandeer hulle per dag met lees en studie van die Woord. Hoeveel tekse ken hulle? Hoeveel keer het hulle al die Bybel deur gelees? Dit kos dissipline onder die waterlyn waar niemand dit sien wat my laat toeneem in wysheid. Vra vir mense wanneer laas het hulle God se stem gehoor, en of hulle in kontak met die Vader is, en hoe het Hy guns aan hulle bewys. Daar waar niemand dit sien onder die waterlyn, waar jy gedissiplineerd elke dag wag op die Here.

Kyk rondom jou heen, en kyk of jy mense sien groei en vrug dra in hullegeestelike lewens. Mense wat die guns van mense geniet, omdat hulle dissipelsmaak bo die waterlyn (sosiale dissipline). Mense wat met dissipline hulleliggame stel as lewende heilige offer bo die waterlyn (fisiese dissipline).

Ds. Johan Botha

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.