Die Wonder van God


Die Wonder van God

 

Nie ‘n wolk in die lug nie.   Die pragtigste sterrenag!   Met druisende branders rondom jou.   Die stikdonker nag vou om jou, maar tog is daar ‘n onverklaarbare  rustigheid in die stormagtige oseaan.  En dit voel of jy ‘n ster kan pluk.

Die veraderlikheid van die oseaan bring ’n rustigheid in jou gemoed.  Ironies.  Die mag daarvan teenoor die rustigheid.

Of dit nou die oseaan of die veld met die geure van die gras en die gesuis van die wind is wat jou ore en neus prikkel…

Of jy voor ‘n waterval staan…

Of dit ‘n bokkie of wilde diere in die bosveld is…

Of dit ‘n verdwaalde silhouette van ‘n boom teen die skemer is….

Met die geskree van ‘n kriek of getjank van ‘n jakkals in die verte…

Of moontlik lê jy in die bed en luister na die naggeluide van die stad.   Jongmense wat laatnag nog in die strate rondkarjakker….

Of ‘n vroeë sonsopkoms met die gekraai van die hoender jou wakker gemaak het.

‘n Mooier skakering van oranje, goud en rooi het jy nog nooit gesien nie.

 

Dit is die ALMAG VAN GOD!!!

Sy almag is so tasbaar, so sigbaar!  Dan weet ons, dit is so:

Luk 19:40  “En Hy antwoord en sê vir hulle: “Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.

Maar dan is daar ook die anderkant van die wêreld.

Die dinge wat die meeste mense liewers niks van wil weet nie.  Die vol kinderhuise, geweld teenoor kinders,  haweloses, krimenele dade, wreedheid van plaasmoorde, GODDELOOSHEID!!!!

Ons praat van ‘n gebrokenheid in hierdie wêreld.  Verlore siele…

Hierdie mense is stukkend, hulle is verlore, uitgeworpe, in die grond!!!   Hoeveel van hulle loop ons verby en ons sê niks!  Ons monde is gesnoer!!!!  Hoeveel verlorenes vermy ons omdat ons nie kans sien vir hulle vuil grappe of losbandigheid nie?   Ons wil nie met hulle geassosieer word nie, want hulle spreek en doen dinge van die wêreld.  Hulle is dalk steeds verlore OMDAT ons hulle vermy!   Die grusaamheid bestaan a.g.v van te min dissipels.  Te veel kinders van God wat ongehoorsaam is.

Mark 16:15  En Hy het vir hulle gesê:  Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Ons ken hierdie Skepper!!!!  Ons ken Jesus!!  Ons het vir al hierdie mense die antwoord!  Ons het die evangelie in ons harte!!!   Ons weet wie is die Verlosser!!!   Ons ken HOM!!!!

Maar ons is stil….  My liewe mens, ons is dalk die enigste Bybel wat hierdie mense ooit sal lees!

Daar is so baie opdragte van God af.  Hier is maar ‘n paar.

Mark 13:10  En die Evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.

Mark 1:1  Die begin van die Evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.

Luk 7:22  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

Rom 10:15  En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

Rom 15:16  om ‘n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ‘n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.

 

Janine

 

 

 

 

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.